Omdat Parel Vallei se gelukbringers bulhonde is, en daar so baie diereliefhebbers in die skool is, bly dit wonderlik om jaar na jaar te kan voortbou op hul verhouding met Gordonsbaai se Dierebeskermingsvereniging.
Die gemeenskap-portefeulje binne Parel Vallei se prefekraad het reeds diƩ week al die kat- en hondekos wat die nuwe graad 8-leerders geskenk het, by Julia Evans (hoof van die DBV Gordonsbaai) en haar span afgelewer.
PV-leerders is egter nie net aan die begin van die jaar betrokke nie. Die PV Interact-klub besoek ook ten minste een keer per kwartaal diĆ© vereniging, waartydens hulle die diere help versorg, voer en met hulle speel. Dis dan wanneer ān mens werklik besef hoeveel werk en liefde in diĆ© organisasie ingaan.
Die prefekraad en nuwe graad 8ās van Parel Vallei doen ān beroep op die gemeenskap en ander skole om betrokke te raak deur middel van skenkings of deur tyd af te staan aan die diere.
Julia Evans kan gekontak word by 021 856 0597 of besoek hulle FB-bladsy: www.facebook.com/AnimalWelfareHelderberg
Van links, is Xander Venter (hoofseun), Butch (PV-gelukbringer), Kirsten Moffitt, Leandre van der Merwe en Bella (PV-gelukbringer).