Stepping out

Parel Vallei is trots daarop om hierdie jaar weer deel te wees van Radio Helderberg se Step Out!-projek. Die 2016-matriekgroep het hulle sport- en skoolskoene die week agter gelaat nadat hulle hul laaste skooleksamen geskryf het. Parel Valleiers se wens is dat dié skoene hoop sal bring aan minderbevoorregte leerders in die Helderberg Kom. Radio Helderberg sal nou dié skoene verpak, sorteer en vroeg in Januarie 2017 aan leerders van die volgende drie sekondêre skole skenk: Khanyolwethu, Simanyene en Dr Nelson Mandela. Agter, van links, is Kyla van der Merwe, Katherine Horn, Christiaan Nieuwoudt, Jessica Hattingh, Nadine Pfeiffer en Aqua Shell; en voor, Josh Myburg.