Speeltoneel 2020

Clifton Wagenstroom

Clifton Wagenstroom, ’n graad 10-leerder aan Hoërskool Strand, het tydens die nasionale inperking vir die toneelkompetisie, Speeltoneel 2020 ingeskryf. Op 19 Augustus, het hy die nuus ontvang dat hy gekies is om aan hierdie projek deel te neem. Dit behels die geleentheid om vir 12 maande deur professionele akteurs soos Desiré Gardner (Carmen van Suidooster), Reynardt Hugo (Tertius van Binnelanders), Germandt Geldenhys (Louise van Binnelanders en Je-Ani Swiegelaar (Naomi van Binnelanders) gefasiliteer te word.