Skoolskoene geskenk

Dis tyd om nie net voetspore nie, maar ook skoolskoene, agter te laat. Parel Vallei moes hul graad 12s van 2019 finaal groet na die laaste leerders ontwerp geskryf het.  Vir dié groep was daar darem nog tyd vir ‘n laaste skoolfoto saam met net die tippie van die spreekwoordelike ysberg van skoolskoene wat PV se klas van 2019 agtergelaat het. Volgens tradisie sal die skoene nou geskenk word aan ‘n behoeftige skool in die Helderbergkom.