Skool nuus

Die afgelope week het Parel Vallei entoesiastiese laerskool netbalafrigters genooi na ‘n kursus wat aangebied is deur Elize Kotze, oud Protea-speler en -afrigter, en haar assistent, Lize van der Walt.

Netbal-hoogtepunte vir Me Kotze as speler sluit in haar rol as die Protea-span se onderkaptein, en ook haar prestasie as silwermedalje wenner in die Birmingham Netbal Wêreldkampioenskappe in 1995.

As afrigter het sy die Gauteng Noord- en Tuksspelers van 2004 tot 2010 afgerig en ook van 2011 tot 2016 die Proteaspan.

Tydens die kursus by PV het sy onder andere gefokus op die rol en verantwoordelikheid van afrigters, spankeuringsprosesse, onder-steuningsnetwerke vir afrigters en ‘n voorseisoen-oefenprogram.

PV is ook verheug oor die aankondiging dat Me Kotze en Me Van der Walt besluit het om op ‘n permanente basis betrokke te wees by die ontwikkeling van PV se netbalspanne.