Die Paul Roos Gimnasium seunsskool het verlede maand met ’n formele seremonie en ’n tasbare atmosfeer van trots en opgewondheid amptelik hul nuut-opgradeerde Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum geopen.
Skoolbestuur en rolspelers het nie net aan gaste ’n omvattende oorsig gebied oor al die eienskappe van die nuwe sportsentrum nie, maar beleggers, projekbestuurders, argitekte, potensiële vennote en gemeenskapsrolspelers is uitgenooi om die nuwe sentrum en al die sporttoerusting te besigtig.
Rektor André van Staden, het tydens sy toespraak aan gaste ’n samevatting van die skool se huidige suksesse genoem asook alle rolspelers, verskaffers, en borge van die projek erkenning aan gegee.
Verder het hy meer oor die aanloop tot die nuwe sentrum meegedeel. “Met hierdie projek het ons ’n aantal uitdagings gehad,” het hy verklap.
Hy het uitgebrei oor die van hierdie uitdagings met betrekking tot die aanvanklike bouplanne, die besluit om hierdie planne aan te pas, asook die prosedures wat daarmee gepaard gegaan het voor die projek aan die gang kon kom.
“So ongelukkig het al daai dinge die projek baie vertraag en na die bou van die projek het die nat winter ons bitter min gehelp met die landskapering van die projek. U sal sien baie van die areas rondom die gimnasium is nog nie gevestig soos ons dit graag sou wou hê nie.
“Maar die belangrikste is dat die gimnasium projek, baie veel groter as die net die gimnasium self is, maar dat dit deel uitmaak van die groot droom om iets baie spesiaals tot die Paul Roos-aanbieding te voeg.”
Mnr van Staden het ook die planne vir die aankoop van verdere gimnasiumtoerusting bekendgemaak en diegene met ‘diep sakke’ uitgenooi om betrokke hiermee te raak.
Gaste is ook ingelig oor die skool se ‘Meesterplan’, wat ook die aanbiedinge in die Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum insluit.
Daar is ook meer uitgebrei oor die unieke Performance Development Pathway Programme, wat reeds binne die sentrum in werking gestel is.
Sentrumbestuurder, sportswetenskaplike en kondisioneringsafrigter, Elric Pretorius, het verduidelik hoe al 1300 leerders by Paul Roos Gimnasium sal baatvind by hierdie holistiese program en die bydrae wat dit tot hul algehele fiksheis en fisiese ontwikkeling sal maak.
Hy het ook verder verduidelik hoe gespesialisseerde afrigting binne die Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum jong sportmanne en atlete sal bemagtig om optimal te ontwikkel in hul onderskeie sportsoorte.
Die oorspronklike Johan Ferreira Gimnasium was befonds deur die ontslape Johan J Ferreira. Die openings geleentheid is ook gebruik om eer te betoon aan mnr Ferreira wat die fondasie vir hierdie projek soveel jare gelede reeds gelê het. Mev Ferreira, haar seuns en hul eggenote het die geleentheid as eregaste bygewoon.