Seniors vergader

Die Berg-en-Seeklub vir Senior Burgers byeenkoms vind môre, Donderdag Oktober 3 om 9.30vm by die NG Moedergemeente Somerset-Wes in Andries Pretoriusstraat plaas. Die gasspreker is Bolander se Norman McFarlane, regs, en hy praat oor sy betrokkenheid by Volunteer Wildfire Services en die bestryding van veldbrande, veral die afgelope tyd in die Wes-Kaap. Petru Smit van His Glory Ministrie doen die skriflesing en gebed, terwyl die Wentzelgesin as musiekkunstenaars optree. Ma Cobie speel trekklavier (solo) en die vier kinders sing. Tee en verversings word vanaf 9.30vm bedien. Toegang kos R15 vir besoekers en R10 vir lede. Almal is welkom. Vir verdere inligting, kontak vir Trina van Schalkwyk by daltri@telkomsa.net