SA Kaasfees by Sandringham

Agter,van links, is Johan Ehlers, Agri-Expo HUB; Dr Chris van Dijk, Melkprodusente Organisasie HUB; Anton Rabe, Hortgro uitvoerende direkteur, en voor, van links is Joyene Isaacs, Wes-Kaapse Departement Landbou departementshoof en Letitia Prinsloo, Institute of Culinary Arts prinsipaal.

Die SA Kaasfees vind plaas van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April by Sandringham plaas buite Stellenbosch.

Die Cape Made: Taste the Alternatives-uitstalling is waar die publiek nisprodukte soos bloubessies, granate, vye, heuning, neute en heuningbostee kan geniet.

Meer as 40 uitstallers bekom hier, danksy ’n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL) en Agri-Expo, ’n platform om hul unieke produkte direk met die publiek te deel.

Kos-entoesiaste kan hier proe-proe kom leer hoe waterwys produkte sampioene, hidroponiese kruie en rooibostee, hoe hoog in oksidante en veeldoelig granate is, asook hoe groenteboere op die Kaapse Vlakte grond maksimaal benut.

Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel teen R180 per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders van die ouderdom 2 tot 13 jaar betaal R20 per dag. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie.

Vir verdere inligting, kontak Agri-Expo op 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za, of besoek www.cheesefestival.co.za

Previous articleFor the animals
Next articleDistribution times
SHARE