Rugbyspelers van Macassar oefen by Paul Roos

Rugbyspelers van die Laerskool Marvin Park in Macassar, het vroeër vandeesmaand by die Paul Roos Gimnasium (PRG) se Junior Rugby-akademie aangesluit vir ’n oefensessie saam met rugbyhoof, Corné Uys, en PRG-afrigters. Die sessie het plaasgevind by Paul Roos Gimnasium se Markötter-sportkompleks, waar die jong talentvolle rugbyspelers se vaardighede verder ontwikkel is. Foto, hierbo, spelers van die skool, met van die Paul Roos-rugbyafrigters.