Die groep Hoërskool Strand leerders wat later vanjaar België toe gaan. Agter van links is Aneldi Morkel, Christopher Smit, en Rikus Heyns. In die middel is Lynette Wolff (onderwyseres), Anne Swart, Marlé Hubinger, Kaitlin Fineburg, en Juliana Kotzé (onderwyseres), en voor is Eben Botes, Nina Esterhuyse, Anése Groenewald, Carla de Jongh, Clint Williams, en Zoë Gillespie. Dit is reeds die negentiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied vir 12 graad 10 leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou. Die twee leerkragte wat hul sal vergesel is Lynette Wolff en Juliana Kotzé. Die groep vertrek 12 September en keer weer terug na Suid-Afrika op 4 Oktober. Die groep gaan hul toer afskop met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek die groep na België waar die Belge hul met ‘n vol program inwag. Die groep gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander toeristebesienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om Parys, Frankryk, te besoek waar hul die stad en vir Euro-Disney gaan beleef. Die groep gaan ook die skool besoek en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul deel. Die leerders sal in die Belgë se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar, wat Belgë as alledaags sien. Hulle sien uit na ‘n opwindende reis saam.