Respek vir mekaar se geskiedenisse is absoluut essensieel

Ek was ’* ruk gelede by ’* lesing waar mense met minagting van ’* Afrikaanse instelling gepraat het en ek het toe gedink, hoe sal dit wees indien hulle so afbrekend opgetree het teenoor die Distrik Ses- of Bo-Kaap museums?

Daarom is dit ironies dat ek ’* stuk oor die Bo-Kaap Museum van iemand by die Afrikaanse Taalmuseum (Paarl) ontvang het. “Skryf iets hieroor,” het sy gesê.

Die bedoeling was duidellik: almal verdien blootstelling – die publiek moet bewus wees van hierdie instansies en wat hulle verteenwoordig – en respek, almal verdien gelyke kanse en erkenning.

Dis mos waarvoor ons Grondwet staan, dat in ’* post-apartheidsamelewing meelewend opgetree word en dat ons kinders nie ons en ons voorsate se foute herhaal nie.

Museums verteenwoordig be-wyslewering van menslike handelinge – of dit die Skeepswrakmuseum op Bredasdorp of die dorpsmuseum van Wellington is, of die Togryersmuseum op Ceres, waar ook al, alles toon ons ontwikkeling as mense aan.

Hierdie museums teken ’* prentjie, die groter prentjie, van innovasie, aanpassing, vergange en haas vergete lewenswyses: hoe ons hier gekom het, álmal van ons.

Die stuk oor die Bo-Kaap gaan kortliks oor wat Halim Gençoglu (Universiteit van Kaapstad) in sy artikel The forgotten Efendi: Ottoman Muslim theologian, Mahmud Fakih Emin Effendi, and the real story of the Bo-Kaap Museum, c. 1894-1978. Die artikel is in die tydskrif New Contree, No. 73, November 2015, gepubliseer, maar is ook op die internet te lese – sien my naskrif, onder.

Die skrywer skryf o.a. oor ’* fout wat deur historici gemaak is aangaande ’* spesifieke huis in die Bo -Kaap, wat my interesseer, nie soseer die huis nie, maar die fout; hoe foute in geskrifte oorgedra kan word.

Ek het tevore al in hierdie rubriek oor die belangrikheid van primêre bronne geskryf, en by geleentheid die voorbeeld van ‘* slaaf se storie gebruik – historici prof. Eric Walker (1886-1976, Universiteit van Kaapstad) en dr. Isobel Edwards (Universiteit van Cardiff) het verkeerdelik geskryf dat ’* slaaf tereggestel was omdat hy ’* viool gesteel het, maar toe ek die oorspronklike hofsaak in die Kaapstadse Argief gaan opsoek het, het dit geblyk dat die slaaf Hendrik van Nias, in 1732 tereggestel was omdat hy ’* jong meisie verkrag het.

Walker het die fout gemaak en Edwards het dit by hom oorgeskryf, sonder om die verslag van die hofsaak in die argief te raadpleeg. Hierdie artikel van my het eerste in die S.A. Nasionale Biblioteek se Quarterly Bulletin (vol.56, nor. 4, Junie 2002) verskyn – ek is gevra om iets oor primêre bronne vir hulle te skryf – en het heelwat verontwaardiging ontlok, nie oor die fout wat Walker en Edwards gemaak het nie, maar omdat ek gedurf het om die gerespekteerde Professor Walker te bevraagteken.

Ek het natuurlik eers my artikel deur kenners soos dr. Dan Sleigh en dr. Helena Liebenberg laat lees om seker te maak dat ek nie die 18de-eeuse Nederlands verkeerd verstaan het nie.

Nietemin, oor watter fout het Halim Gençoglu geskryf? Hy sê prof. Robert Shell (1949-2015) het in ’* boek wat al in 1977 gepubliseer is, geskryf dat ’* huis in Kaapstad (Waalstraat 71) aan Abu Bakr Effendi behoort het. Daarna is hierdie feitefout herhaal, deur o.a. Jackie Loos in haar rubriek in die Cape Argus (2001).

Hoewel verskeie huise in Kaapstad aan Abu Bakr Effendi behoort het, het die huis eintlik aan ene Mahmud Effendi behoort, ook in Waalstraat.

Vir die doel van hierdie artikel, is dit belangriker om kennis te neem van die feit dat met ’* bietjie meer navorsing hierdie verwarring nooit sou ontstaan het nie. Die skrywer het byvoorbeeld van oorspronklike (argivale) bronne gebruik gemaak, die ander beriggewers * íé.

Ironies ook is dat die skrywer daarop wys dat omdat albei mans Effendi (wat ’* soortgelyke titel as die Engelse “sir” is) genoem is, bygedra het tot die verwarring. Ironies, omdat Mahmud Effendi die huis aan sy seun Muhammed Dervish nagelaat is, wie dit weer aan sy seun Meneer Mahmud Effendi oorgedra het. Ja, sy naam is “Meneer”, wat vir Afrikaanssprekendes iets anders beteken, nl. ’* formele aanspreekvorm. Wel nie “sir” nie, maar tóg.

Ek neem ook aan dat die betrokke manne dit geweet het, want hulle kon na alle waarskynlikheid Afrikaans praat. Is dit dalk ‘* dubbele ironie? Wel, dan is dit ’* driedubble ironie dat * á al die gestoei oor wie se huis dit was, die apartheidsregering die huis in 1978 in ’* museum omskep het.

En só is dit uit die familie se besit, terwyl die plaak teen die muur verkeerdelik aandui dat dit aan Abu Bakr Effendi behoort het – die persoon wat ’* boek die Beyan-ud Din (verduideliking van geloof) geskryf het … in Arabiese skrif, maar in die Afrikaanse taal!

Om af te sluit: Respek vir mekaar is belangrik sodat ons as ’* nasie kan floreer – dis absoluut essensieel in ’* multi-kulturele land – en respek volg op insig, insig wat vloei uit kennis, kennis wat net bekom kan word indien ons mekaar se kulture ken en erken.

Die studente wat die AfrikaanseTaalmuseum minag was waarskynlik nog nooit daar nie. Maar as hulle die Bo-Kaap Museum besoek, is dit al ’* stap in die regte rigting.

Naskrif: Indien ’* mens die volledige titel van Halim Gençoglu op Google intik (sonder aanhalingstekens), kan jy die volledige artikels daar lees. daar is ook ’* PDF-weergawe van Abu Bakr Effendi and his legacy in Southern Africa op dieselfde webblad beskikbaar.