■ Derik Nortje, Graad 9, en Lizanne Nortje, Graad 11, van Hoërskool Strand het op 23 Augustus aan die jaarlikse Rotariers se Redenaarskompetisie te Hoërskool Parel Vallei deelgeneem. Derik het die junior afdeling gewen. Ander skole wat deelgeneem het, was Hoërskool Parel Vallei, Hoërskool Hottentots Holland, Somerset College, Bloemhof en Rhenish. Derik se suster, Lizanne, het haar ook goed van haar taak gekwyt. Derik het ‘n geldprys asook ‘n geskenkbewys van Somerset Mall losgeslaan. Die Rotariers was vir hierdie geleentheid verantwoordelik.