Die eerste en tweede plek by die kykNET Nasionale Toneelspel-kompetisie behoort aan Parel Vallei Hoërskool in Somerset Wes.
Mia van der Merwe, in Graad 10, het nasionaal eerste geëindig, en Jordyn Linklater, in Graad 12, is tweede.
Parel Vallei se dramadepartement is besonder trots op dié prestasie dat Parel Valleiers weer plekke in die top drie beklee, as daar in ag geneem word dat 500 leerders ingeskryf het vir dié landwye kompetisie.
Uit die inskrywings het 60 kandidate deurgedring na die driedagoudisies, watplaasgeving het vanaf 11 tot 13 Mei in die Kunstekaapteater.
Die Parel Valleiers wat deelgeneem en deurgedring het na die top 60 was Thalia Alberts, Stefan le Roux, Jordyn Linklater en Mia van der Merwe.
Dié finaliste het aan verskeie rondtes deelgeneem, wat onder meer bestaan het uit die voordra van gedigte, die voer van monoloë, ’* radiodramawerks-
winkel en -oudisie, ’* televisiesepie-
oudisie (Suidooster) en ’* oudisie vir die Woordfees 2018.
Ongelukkig is Thalia Alberts en Stefan le Roux nie ingesluit in die top 31 finalistegroep nie, maar Stefan is gevra om later aan ’* oudisie vir ’* Woordfeesproduksie deel te neem.
Die finale toets aan die agt oorblywende finaliste was om hul eie temaprogram (met al die materiaal wat hul gedurende die kompetisie geskep het) kreatief saam te voeg.
Mia en Jordyn het geblom tydens dié rondte en hul talent en passie vir drama was tasbaar op die verhoog.
Behalwe vir die prysgeld en kroontitel as eerste en tweede plek wenners in die land, is Jordyn ’* rol aangebied in ’* Woordfeesproduksie, en Mia het ’* rol losgeslaan in die sepie, Suidooster.