Baie geluk aan die produksiespan van Wentelkind by Parel Vallei Skool, wat ’n nasionale tweede plek behaal het by die Aardklop Pronk Podium-kompetisie.
Juné Kruger het die titelrol in die eenvrouproduksie vertolk, met Carla Erasmus as verhoogbestuurder, Tatjana Frauenknecht as produksie- en audiovisuele- bestuurder, Christian Kotzé as klankoperateur en Anya Marx as beligtingontwerper. Die regie is deur Darryl Spijkers behartig.
Aanvanklik is meer as 80 toneelstukke van regoor die land digitaal ingeskryf. Uit al die inskrywings was PV een van slegs ses skole wat genooi is vir die semi-finaal in Gauteng.
Die Wentelkind-span het dit terdeë geniet om te kon vlieg en om te kon deelneem teen die ander top “dramaskole” regoor Suid-Afrika. Hulle het vier dae in Pretoria spandeer waar hulle eers ‘n werkskool bygewoon het voor hulle die ander skole die dramastryd aangevoer het by die Atterbury Teater. PV is nie net die naaswenner van dié kompetisie nie, maar ontvang ook toekennings vir Beste Tegniese versorging en Beste Regisseur.
Verder is PV ook die enigste skool in die Wes-Kaap wat so ’n prestasie tydens die kompetisie behaal het.
Wentelkind ontvang ook die volgende toekennings in die 2020-dramaseisoen by
ander dramafeeste:
1ste plek – Montagu Youth Arts Festival
1ste plek – Playhouse Drama Festival
Beste aktrise – Montagu Youth Arts Festival
Best akteur – Playhouse Drama Festival
Beste Tegnies – Montagu Youth Arts Festival
Beste Tegnies – Playhouse Drama Festival
PV is trots daarop om vir twee jaar agtereenvolgend die wenner te kon wees van die Montagu Youth Arts Festival en nou wéér – ongeag die grendeltyd – ’n topplek in die Aardklop-finaal te behaal.