PV se beplande gholfdag wat op 25 Oktober op Erinvale sou plaasvind, moes ongelukkig uitgestel word tot 13 Maart 2020, as gevolg van gure weer wat die baan onspeelbaar gemaak het. Die veiling en aandfunksie is daarom ook uitgestel tot die nuwe datum. Die trekking van die skoollootjiekaartjies wat gewoonlik op die gholfdag gebeur, het by die skool plaasgevind, en die lootjies vir die drie pryse is getrek deur Janine Fourie, een van die bestuurder-eienaars van die Kwikspar Somerset Lion Square. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar, wat Kwikspar Somerset Lion Square, die hoofborg is van PV se gholfdag. Emma Pardoe van Emma Pardoe Rekeningkundiges het ook toegesien dat die trekkingsproses korrek gedoen is. Die drie wenners is Pepita Ingham, eerste plek, wenner van ’n vakansie vir twee persone na Istanbul en Turkye; G Fourie, tweede plek, wenner van die Le Creuset pottestel; en Anne-Mart le Roux, derde plek, wenner van die Samsung Tablet.