PV drama prestasie

Agter van links, Zandelie Trollip, verhoogbestuurder; Wicus Louw, assistent verhoog-bestuurder; Justin Burger, beligtings-operateur; Franshua Kennis, operateur: multi-media; en Steven Cohoe, klankoperateur.

Vanjaar het daar ongeveer 3 000 hoër-skoolleerders aan die ATKV- Tienertoneelkompetisie deelgeneem.

Daar was 100 nuutgeskrewe Tienertoneeltekste wat beoordeel is, en tydens 11 streeksfeeste is die finale 15 toneelgeselskappe van die onderstaande skole gekies om mee te ding om die gesogte titel, ATKV-Tienertoneelkompetisie- wenner, onder andere, Hoër Meisieskool Bloemhof met Wag, ek kry gou my foon; Hoërskool Parel Vallei (PV) met Kopskoot; en Hoërskool Stellenbosch met Blessings.

Parel Vallei se Dramadepartement is trots daarop om wéér op nasionale vlak te kon deelneem, en dat hul tydens die laaste rondte van die kompetisie, gedurende die Oktober-vakansie by die Kunstekaap Teater, deurgedring het na die top vyf, met Kopskoot.

Tydens die finale stryd het PV ’n algehele vierde plek behaal, en ook die toekenning vir Beste Verhoogbestuur ontvang.

Akteurs Xander Venter en Stefan le Roux is ook beide benoem vir beste akteur in ’* hoofrol by die kompetisie.