In die Universiteit van Kaapstad se olimpiade was Parel Vallei vierde uit ‘n totaal van 180 skole wat aan die kompetisie deelgeneem het. In die SAMF (South African Mathematics Foundation) kompetisie waaraan landswyd ongeveer 80 000 leerders deelneem, het sewe PV-leerders onder die top 100 in die land geeindig en as skool het Parel Vallei die vierde meeste leerders in die land wat hierdie prestasie behaal.
Agter, van links is Clint Fortuin (goud vir derde in UCT olimpiade), Nadeem Davids (goud vir derde in UCT olimpiade), Du Toit Spies (Top 100 in SAMF olimpiade, goud vir vyfde in UCT olimpiade, derde in UP landswye olimpiade), Werner van der Merwe (Top 100 in SAMF olimpiade, eerste in UP landswye olimpiade), Reuben van Wyk (Top 100 in SAMF olimpiade, goud vir negende in UCT olimpiade).Voor, van links, is Kayla van Rensburg (Top 100 in SAMF olimpiade), Michelle Cousins (Top 100 in SAMF olimpiade), Danielle Kleyn (Top 100 in SAMF olimpiade). Werner van der Merwe, een van PV se Graad 12 top-olimpiade leerders, het die skool se olimpiadespan afgerig en klasse na-uurs aangebied het.