Vier van Hoërskool Stellenbosch se leerders, Lize du Toit, graad 12; Pieter Conradie, graad 12, 2018; Janke Mostert, graad 12, 2018; en Phebe la Grange, graad 11; se skryfwerk is in die 2019 prestige POORT-bundel wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns saamgestel is, opgeneem. Pieter Conradie is aangewys as een van die ses toppreesterders in die prosa-afdeling (landswyd) en is genooi om ‘n slypskool by die Universiteit van die Vrystaat tydens die Junie-vakansie by te woon. Nie net skryf Pieter puik prosawerk nie, maar ‘n gedig uit sy pen is ook in die bundel opgeneem.
Cape Town Big Band Jazz Festival at Baxter