Prettige Produksie

Die grafiese roman Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straat debuteer as ’n prettige en aangrypende teater produksie by die US Woordfees, met vertonings by die Hoërskool Lückhoff in Stellenbosch vandag, Woensdag 7 Maart, om 3nm, op Saterdag 10 Maart, om 8.30nm, en op Sondag 11 Maart, om 7.30nm. Kaartjies kos R100 en R120, by Computicket. Vir meer informasie, gaan na www.bal-oog.co.za In die prent is Richard September en De Klerk Oelofse.

Foto: Isabelle Grobler