Wellington se jong planteboer en eienaar van haar eie saailing-besigheid Tayla Prince, 15, het intussen haar werksaamhede uitgebrei om ook opvoedkundige uitreike en aanbiedinge by plaaslike skole en kleuterskole in te sluit.
As deel van hierdie praatjies en praktiese aanbieding wys sy aan die ander kinders hoe om sade te plant en deel met hulle haar kennis oor hoe hulle die plante moet versorg deur die hele groeiproses.
Tayla neem ook van haar saailinge en ander tuinbenodighede saam om aan hulle te demonstreer hoe om die sade te plant.
Sy het onlangs by die Little People’s Playschool in Wellington gaan inloer, waar sy eers oor plante gesels het en daarna was dit tyd om hulle eie “groen” vingers vuil te kry.
Die kleintjies is ook deur Tayla elk met ’n saailing beloon om huis toe te vat en verder te gaan groei.
Om Tayla uit te nooi na jou skool of kleuterskool, stuur ’n WhatsApp-boodskap na 087 791 5907 of e-pos na taylaseedling@gmail.com
Volg Tayla se aanbiedinge aanlyn op haar Facebook-blad by Tayla’s Seedlings.