Parel Vallei word verteenwoordig in die VSA

Griselda Botha

Geluk aan mevrou Michelle du Preez wat haar Meestersgraad verwerf het é* Parel Vallei (PV) in die VSA verteenwoordig het.

By Parel Vallei spog ons graag met ons leerders, maar ons besef dat alle jong Parel Valleiers geïnspireer word deur ’* leermag soos min, wat agter hulle staan. Dié sterk leermag van ons bestaan uit passievolle onderwysers wat hardwerkend en positief is en voortdurend hulle akademiese horisone verbreed. Wiskunde-juffrou Michelle du Preez is een van dié voorbeelde…

PV se Wiskundedepartement is onlangs (op grond van die 2015 Matriek Wiskunde-uitslae – waarin PV ’* nasionale 4de plek behaal het) deur die Vereniging van Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) versoek om ’* kollega te benoem om die VSA te besoek.

Me du Preez het PV tydens dié besoek verteenwoordig saam met vyf ervare kollegas van ander top skole in Suid-Afrika. Hulle het onder andere die Universiteit van Georgia en skole in Athens (Georgia) besoek.

Die hoofdoel van die besoek was om die jaarlikse NCTM (National Council of Teachers of Mathematics) konferensie in San Francisco by te woon. Me du Preez beplan om die kennis wat sy daar opgedoen het, terug te ploeg deur sessies aan te bied by die jaarlikse VAW-kongres en om haar nuwe insigte te deel met die res van haar Wiskundekollegas.

Die beheerliggaam, dagbestuur, haar kollegas en die leerders van Parel Vallei wens haar ook hartlik geluk met haar Meestersgraad in Skoolbestuur, met die fokus op “Hoe om skole te verander”, wat sy so pas verwerf het aan die Universiteit van die Vrystaat. Mag die blou PV-draad van akademiese uit- nemendheid verder versterk word in ons leerkrag op wie ons so trots is.

Tesame het die sewe senior Wiskunde-onderwysers by PV 180 jaar se Wiskunde-ervaring.