Parel Vallei gholfdag ’n groot sukses

Die jaarlikse Cape Cycle-fietstoer kon darem nog plaasvind op Sondag 8 Maart.  Hoërskool Strand Graad-9 leerder, Christian de Jager, het sy eerste fietstoer van 102km aangedurf, en met n tyd van 04:8:37 voltooi. Drie van Hoërskool Strand se personeellede het dit ook voltooi: skoolhoof Danie Malan, met n tyd van 04:30:00; Lizanne Vos, met n tyd van 03:42:00; en Wikus van Dyk, met n tyd van 04:08:00.

Hoërskool Parel Vallei se gholfkomitee en die voorsitter, Wanda van Wyk, bedank alle betrokke spelers, borge en ouers vir hul bydraes en ondersteuning by die suksesvolle dag, veral hul hoofborg, Kwikspar Somerset Lion’s Square, vir hulle ondersteuning die afgelope vier jaar en vir hul passie waarmee hulle die dag saam met ons aanpak. Hulle wens ook geluk aan die Cash Crusaders span wat die gholfdag gewen het.