Oud genoeg -wys genoeg?

Dit was waarskynlik nog altyd ’n baie onderskatte en te gelyk een van die grootste aanpassings wanneer tieners die beskerming van skoolreëls , onderwysers, hul ouerhuis en deesdae ’n grootliks aanlyn sosiale lewe, moet verruil vir die eise van die werklike grootmenswêreld.

Hierdie sprong mag dalk insluit dat jy jou vir die eerste keer tussen ’n diverse groep mense in ’n saamleefstuasie moet aanpas en handhaaf.

Nogtans aanvaar ons dit feitlik as van selfsprekend dat tieners gereed sal wees om hierdie aanpassing te maak, dalk bloot omdat hul die ouderdom bereik het hul skoolloopbane akademies suksesvol genoeg voltooi het?

Waar hierdie lewensfase nog altyd geassosieer is met die verhoogde voorkoms van sielkundige probleme, het angsversteurings intussen wêreldwyd ’n drasties toename onder hierdie ouderdomsgroep begin vertoon.

Om die addisionele stres hiervan onbestuurd as onwelkome mede klasdrawwer te hê, gaan voorspelbare gevolge hê… “Something’s got to give”.

U kind se sosiale en emosionele gereedheid om die skool te verlaat het dus waarskynlik nou belangriker geword as sy/haar gereedheid vir skool toetrede 12 jaar gelede… Daar is dus bloot om hierdie rede al reeds veel te sê vir ’n inset wyer as die tradisionele beroepsvoorligtingsmodel.

So, u kind kom elke naweek huistoe, slaap ongewoon min of baie, hang net uit met sy beste skoolmaat, eet skielik min, is besonder prikkelbaar of kritiseer al wat dosent is, is ontwykend oor sy/haar verhouding, kursus of geheimsinnige bewegings of onttrek van die gesin en vermy sosiale verkeer met ander?

Kombinasies van bogenoemde simptome sou kon dui op enige iets van selfmedikasie (dwelmgebruik) vir angs of sosiale vertroue, ’n eetversteuring ,depressie of ontoereikende pogings om aan te pas by intimmiderende sosiale, akademiese en fisiese omstandighede.

Om vooraf vir ’n oorpresenterende 75% er te sê dat hy/sy waarskynlik nie universiteitsmateriaal in sy gekose en toegelate rigting is nie, kan ’n rooi doek voor ’n bul verteenwoordig maar u , as borg van u kind se studies, mag vra vir eerlike introspeksie en herevaluering of koersaanpassing van sy/haar keuse, na minder goeie uitslae.

Gerugte van werklose afgestudeerdes in sy/haar kursus se wettige klagtes oor studieskuld van verlammende proporsies, mag * kind se stresvlakke die hoogte laat inskiet.

Voordat angs iewers uiteindelik tot depressie lei of paniekaanvalle ’n kronies gedokterde simptoom word, soek mens professionele hulp of herbeplan jy die afhandeling van jou kursus oor ’n langer periode.

Dit is dikwels ook die gulde geleentheid om die kwynende liniêre verband tussen hoofvak en eerste kontrak, pos of loopbaanaktiwiteit vierkantig in die oë te kyk.

Kan u sien hoe prestasie in biologie op skool nie noodwendig tot medies, mediese tegnoloog of fisioterapie lei nie?

Watter sleutelvaardighede en passies soos blyk uit jou laer of hoërskool stokperdjies, huidige of addisionele aanlyn kursusse (MOOC’s), kan jou voorberei op ’n voortydige internskap in jou hoof belangstellingsveld, nou skielik teleurstellend onderverteenwoordig in jou kursus?

Ja, u maak die regte afleiding – ek beweer dat toepassing van kennis maw sogenaamde oordraagbare vaardighede nou net so belangrik geword het as die uiteindelike kwalifikasie.

Die jong stigters van die gewilde en suksesvolle Praxis sal van my verskil en sê dat dit veel belangriker is, maar net soos met ’n goeie hand kaarte of vaardighede kan jy nie veel doen met die pakkie (sertifikaat) waarin die kaarte moes kom nie.

Ek voorsien dat jongmense binnekort T-hemde met trots kan dra met slagspreuke soos “I skipped University” daarop…

Lees ook sommer wat die manne van 8 000 hours te sê het.

Die gemiddelde werkgewer met minder as 100 werknemers gaan waarskynlik eerder vra wat jy vir hom/haar kan doen as jou teoretiese kennis of kwalifikasie en as hy/sy dit nie gaan vra nie, gaan jy jou kursus in vaardigheidsvorm moet kan verpak… Filosofie III inkluis.

Niemand gee ooit weer doelbewus aandag hieraan nie… Die hoërskool prentjie in jou kop oor ’n geïdealiseerde beroepstitel verbrokkel oornag en laat jou verpletterd? Jy dink Dr Phil en jou sielkunde professor praat gemeenskapsielkunde of nog erger… oor waarneming, persepsie en die oog.

Teen hierdie tyd sou ons graag wou hê dat u seun/dogter reeds die kopskuif na die selfkonstruksie van ’n portfolio loopbaan gemaak het.

’n Mens sou maw wou hê dat hy/sy van vroeg af sy/haar kursus aktief benut in die konstruksie van hul uiteindelike verpersoonlikte vaardigheidsprofiel en bemarkbare beroepsidentieit.

Ons praat later oor die vrae wat die proses aanhelp. Die subtiele verskil tussen om jou by ’n werkgewer aan te sluit en om vir een te werk, verteenwoordig twee pole met drastiese implikasies vir aanpassing in die werkplek.

Het hy/sy benewens die facebook blad vol selfies ook sy/haar eie blog, persoonlike web tuiste of Linkedin profiel?

Dit verdien deesdae eweveel tyd en energie as hul betrokkenheid by organisasies en strukture op kampus of in die gemeenskap en help bou aan daardie onafhanklike beroepsidentiteit ook gebou op persoonlike netwerke en vaardighede oorkursus- en beroepstitels heen.

In ’n 21ste eeuse werksomgewing, het sogenaamde sagte vaardighede of emosionele intelligensie verhoogde status met groeiende en werklike bedingingsmag.

Dit begin alles met die suksesvolle losmaakproses tussen ouer en kind, oppad na ’* gesonde selfbeeld en bewustheid van sy/ haar individualiteit.

In ’n opwindende wêreld met bedwelmende moontlikhede kan jou kind se huis of ma-vastheid of ander komplikasie hom/haar wêrelde laat mis…

Indien u as ouer hier lees, moet ek u ongelukkig daaraan herinner dat u vir baie van bogenoemde insette gediskwalifiseer is juis omdat u die ouer is.

Volgende keer gesels ons oor hoe en hoekom werk so verander het en metafore wat hierdie nuwe wêreld van werk effektief bekend kan stel.

Niel Mostert is ’* voorligting- en beroepsielkundige van Somerset Wes.