Helpende Hand nooi persone uit wat werk by ’n NPO, maatskaplike organisasie, skool, of kerk, of sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en besigheidseienaars is na hul netwerk geleentheid op Donderdag September 5, vanaf 8.30vm tot 11vm by die Our Spot Cafe, Somerset-Wes.
Helpende Hand neem die inisiatief om alle belangstellendes te nooi na hierdie geleentheid waartydens die Spoednetwerk elke persoon/instansie/besigheid die geleentheid sal kry om sy/haar besigheid in 5 minute te deel met ’n ander netwerk.
“Hierdeur bou ons netwerk geleenthede met ander vennote, maar kry ook kennis van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werk. Ons het mekaar nodig om gemeenskappe verder te ontwikkel en mekaar se hande sterker te maak,” het Helpende Hand verklaar.
Die spreker vir die oggend is Dr Shanie Boshoff van Gropotential. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en ondervinding in die waarde van netwerk uitbreiding om ons gemeenskappe kragtig te ontwikkel.
Koste is R100 per persoon. Plekke vir die spoednetwerk geleentheid moet bespreek word deur ’n e-pos te stuur na Alisha@helpendehand.co.za