Opedag by die NSRI

Espe Tredoux, Strand

Ons het Saterdag die opedag van die NSRI bygewoon en was baie opgewonde oor die aanbiedings én die bootrit.

Iets wat my egter opgeval het, is die skynbare gebrek aan ’n luidsprekerstelsel in die lesingsaal, wat die aanbieding bemoeilik het; en ’n “loudhailer”, waarmee die besoekers van die begin é plek van die verskillende aanbiedings en die verloop daarvan, op hoogte gehou kon word.

Die koste van sodanige stelsels is onbekend, dog daar behoort iewers in die Helderbergkom ’n persoon, óf persone, óf besighede, te wees, wat die skenk van sulke items aan hierdie baie belangrike en hoofsaaklik vrywillige saak sal kan oorweeg.