Op die planke by Woordfees

Gesnaarde Gedigte, met June Van Merch en Hilandi du Toit, is by die Drostdy Teater, Stellenbosch, op 3 Maart, om 10.30vm, op 6 Maart, om 8.30nm, en op 10 Maart, om 10.30vm. June, wat in die film Raaiselkind te sien is, maak ook binnekort ‘n verskyning by die jaarlikse US Woordfees. Sy span kragte saam met sanger-liedjieskrywer Hilandi, en hulle het verlede jaar as duo hul buiging met Gedig, my snaar gemaak. Hulle het ‘n Woordtroffee- en Fiësta-benoeming vir dié produksie ontvang. Gesnaarde Gedigte spreek onderwerpe soos mensegelykheid, geslagsgelykheid, rassisme, liefdeloosheid teenoor selfdegeslagverhoudings en die kerk se oproerings daaroor aan. Kaartjies kos R120, en R140 by die deur, en is by Computicket beskikbaar.