Oor wyn, vroue en Goeie Hoop: ’* geskiedenis van Kaapse skandes

Tien jaar gelede, toe ek nog by die staatsargief in Kaapstad gewerk het, het ’* kollega eendag met verstommende oortuiging ge-sê: “History is the story of great men.” Ek het al gewonder of sy al sedertdien van mening verander het en nou die dag toe ek die boek Wine, Women & Good Hope (deur June McKinnon) koop, het ek dit oorweeg om die boek vir haar te stuur. Net oorweeg, let wel, ek gooi nie sommer my * êrels voor die swyne nie en boeke is vir my kosbaarder as * êrels.

Nietemin, haar siening is een wat deur baie mense vir ’* baie lang tyd as korrek aanvaar was. Caesar, Hannibal, Aleksander, Bonaparte, al daai snare, ook Tsjaka, Smuts, Rhodes en dies meer, se doenighede is as die toppunt van historiese ondersoek beskou, maar algaande het die idee posgevat dat die gewone man (en vrou) ook ’* belangrike rol in die Storie van die Mens speel.

En hier en daar kry ’* mens ’* boek soos Wine, Women & Good Hope wat hoofsaaklik oor vroue van die verlede gaan. Al is my eksemplaar laasjaar al gepubliseer is dit nog kraaknuut en ruik na vars ink – ai, wat ’* plesier. G’* Kindle of Gobii kan so ruik nie. Nie eens ’* nuwe een nie.

Maar wat hierdie boek besonders maak, is dat dit handel oor vroue van ons omgewing, en darem nie van 2 000 jaar gelede soos ’* parlementslid beweer het nie. Volgens aanduidings wat argeoloë ons kan gee, was hier toe dalk veeboere en jagter-versamelaars in die Skiereiland wat beslis nie per skip hier aangekom het nie.

Maar wat weet ons wel van die dames van weleer, hier aan die Kaap van Goeie Hoop? Die skrywer sê sy het as genealoog met interessante figure in die argiefbronne kennis gemaak en besluit om dieper te delf, en só het hierdie boek ontstaan.

Sy sê meeste mense dink “geskiedenis” bete-ken om deur vervelige stapels feite te ploeg, maar dat historiese romans en films aan die publiek gewys het dat daar ’* menslike kant is om te verken – sodat nie net na die breër narratief gekyk word nie, maar ook na die individue; nie die “great men” nie, maar hier na gewone é* ongewone vroue.

Vroue het dit skynbaar altyd moeiliker as mans gehad, en in die ou dae, dis nou 200, 300 jaar gelede, was klasse-sisteme meer rigied as nou. As jy onder aan die sosiale leer was, het jy selde opgeklim en as jy iewers boontoe was, was jy in die openbare oog.

Diegene wat bo was, moes ’* voorbeeld stel en nie hulle spesifieke stand in die skande steek nie. Veral nie as hulle vroue was nie.

Ja, sommige het daarmee weggekom, soos Katharina die Grote van Rusland, wat glo tientalle katelknape deurgedraf het en haar gay man vermoor het om keiserin te word.

Die skrywer vertel egter ook van vroue wat die geluk teen hulle gehad het, en reken dat ons vandag meer empatie het met mense met afwykings en obsessies.

Waarskynlik – ek wil graag glo ons het darem al meer beskaafd geword.

In die eerste hoofstuk getiteld “In their cups and up to no good,” skryf McKinnon oor die situasie kort * á Van Riebeeck (1652 mense!) toe matrose wat maande lank sonder vrouegeselskap hier aangeland het en meer as na net die vleispotte van Egipte verlang het. Slawevroue het natuurlik ook meegedoen, gewillig of gedwonge en so het die Kaapse gemeenskap – nie as werkwoord bedoel nie – nog ’* lagie tot sy stratifikasies bygekry.

Karel Schoeman het juis gesê dat Suid-Afrikaners nie in die vergulde wandelgange van Europa na familiebome moet gaan soek nie, maar eerder in die nou, bedompige stegies van die agterbuurte.

Verder was drank ’* groot euwel – dink maar aan Eva alias Krotoa, Herrie alias Authumao se ewe bekende familielid: sy was later so ’* laspos weens alkoholisme en gepaardgaande morsighede dat sy na Robbeneiland verban is. En hier kan ons vir Van Riebeeck weer insleep en skuldgee, want hy het immers die eerste plaaslike wyn gemaak.

In sy joernaal skryf hy op 2 Februarie 1659 dat hy die eerste Kaapse wyn geproe het en dat dit “goed en soet” was. Boonop het ou Jan ’* biertjie ook geniet en het hy met gars en hops geëksperimenteer. En nie lank daarna nie, toe baklei die burgers oor die lisensieregte om bier te brou. Dalk is dit goed onse Johannes die Stroper het na net tien jaar verkas Ooste toe!

In elk geval, dit smaak my ek beter McKinnon se boek in meer detail bespreek – maar volgende week dan: ’* voorbeeld of twee van die stoute dames van die ou Kaap.