Oor Kaapstad en verspeelde kanse

Cape Town between East and West (Jacana, 2012).

Interesssant watter patrone modes, voorkeure en ook na-
vorsingstemas kan volg.

Ek het al dikwels gewonder oor hoe die geskiedenisdepartemente van Maties en Ikeys in fokus en metodiek verskil, die verskille in perspektief en politiek in ag genome, dog hier sit hulle skaars twee dagreise per ossewa van mekaar.

En dan is die derde universiteit in die omgewing, U.W.K., nogal naby die uitspanplek waar so ’* ossewa sou oornag, die ou Harde-kraaltjie in Bellville.

Vandag, met al die onluste op kampusse, skyn dit asof die ou sosio-politiese verskille minder mag wees as ooit tevore. Wat die voor- en nadele dáárvan mag wees, sal ons nog moet sien.

Nietemin, in die boek Cape Town between East and West, skryf die bekende Prof. Antonia Malan dat Kaapstad, ironies genoeg, baie min aandag van navorsers geniet het en vir baie lank eerder na die binneland gekyk is, of dan die verskuiwing van die grense soontoe.

Die pad na die ooste, hier bo genoem, met die Hottentots-Hollandberge en die onbekende ooptes daar agter wat roep, het vir historici ’* groter bekoring gehad as die moederstad self.

In my tyd as student op Stellenbosch het ons baie tyd aan die Groot Trek spandeer, maar ek was self meer geïntereseerd in die Kaapse Skiereiland, my hartland, die gebied waar my voorvader Jacobus Verster in 1773 begin boer het. Kaapstad op sigself, het my ook nie regtig geboei nie.

Maar so verander ons met tyd, hopelik ten goede, en ek onthou hoe Prof. Malan lang ure in die Kaapstadse Argief deurgebring het.

Ook haar kollegas, soos Proffe. Nigel Penn en Nigel Worden.

Die Stellenbosse dosente het ek minder daar gesien, gewoonlik het hulle die Eikestad vir ’* dag verlaat om hulle honneursstudente op ’* uittappie na die Argief te bring en dan het hulle weer vir ’* ruk agter die boereworsgordyn verdwyn.

Maar noudat ek in hierdie boek lees hoe die fokus uiteindelik weer op Kaapstad geval het, en die hele boek bevat werk van Universiteit Kaapstad se dosente, is dit vir my logies dat die boek se inhoud juis uit hulle penne sou vloei.

Prof. Malan skryf dat baie klem voorheen op die sosiale verhoudinge op plase en dorpe, asook die besetting en bewerking van grond geval het, en die uitbreiding van die vroeë nedersetting se grense.

Sy sê dat die boek Making of a city in 1998 die eerste omvattende en deurtastende oorsig van die stad verskaf het.

Ook daardie boek was die werk van mense uit die #Rhodesmustfall-omgewing.

Vóór daardie boek, sê Prof. Malan, is min gedoen om die kenmerke van die vroeë nedersetting as ’* ontwikkelende kuturele landskap te ontleed, of om die materiële wêreld van mense wat daar gewoon het te verklaar.

’* Mens let dadelik op dat sy van die menslike element in geskiedenis praat; sosiale en kulturele aspekte dus.

Op Stellenbosch was die fokus in geskiedenis as vak meer op politiek, terwyl Kultuurgeskiedenis na nie-politiese aspekte van die verlede gekyk het.

Helaas, kultuurgeskiedenis as vak is nou letterlik geskiedenis op Stellenbosch, en dis ’* groot verlies, veral vandag in die onsekere tyd wat ons beleef – ’* tyd waarin ons universiteite selfs al onder beleg is, ’* tyd waarin R600 mijoen Rand se skade op kampusse aangerig is, en kunswerke vernietig is en ’* biblioteek afgebrand is, in so ’* tyd is dit nodig dat gemoedere onder bedwang gebring moet word en dit gebeur moeilik indien opponerende kultuurgroepe met soms botsende waardes mekaar nie ken en mekaar se proiriteite nie verstaan nie.

Boeke word deesdae al minder gelees, wat ironies is, want die gevolgtrekkings in ’* boek soos Cape Town between East and West kan wel help om hierdie wanbalans binne ’* nasie (almal binne on landsgrense dus) te verminder – op volle ewewig en dus (volke-)harmonie kan ons beswaarlik ooit hoop – en dit laat ’* mens beswaard voel oor die mensdom met al sy aggressie en selfsug.

Ek dink byvoorbeeld aan ’* boek wat in my studentedae geskryf is, bekende baanbrekerswerk (Longman Penguin S.A., 1979), onder redaksie van Proff. Hermann Giliomee van Stellenbosch en Richard Elphick van Connecticut in die V.S.A., wat wys wat uit Stellenbosch kon kom en dat samewerking met ander universiteite nie net moontlik was nie, maar uitstaande resultate gebring het.

Daarom juis is dit vir my bitter jammer dat daar nie al lankal groter sameweking tussen die univeristeite in ons omgewing was nie, maar dat dit eerder was asof daar drie akademiese eilande was, met Stellenbosch en Kaapstad as uiterstes en U.W.K. tussenin; inderdaad “between East and West”, terwyl dit eerder oor die vorming – en begrip – van ’* Suid-Afrikaanse gemeenskap moes gegaan het.