Hennie Gerber, Paarl
Uit die Paarl laat ek van my hoor nadat ek gedurende twee klein Saterdag-aande na die uitsending op Radio Sonder Grense in die 8nm tot 9nm tydgleuf na “Skrywers en Boeke”, aangebied deur die aanbiedster, Ilse Salzwedel, geluister het.
Die program-inhoud waarna ek verwys is Dr Elize Botha, baie bekende Afrikaanse litterator, wat gedurende 1966 gesels het met die skrywer Dolf van Niekerk en ook Carina van der Spoel, wat met Dolf van Niekerk gesels het.
Ook verwys ek na die program waarin onder andere aandag gegee is aan wyle Elizabeth Eybers, wat vanjaar 104 gelede gebore is. Wat interessant is, is dat dieselfde radiostasie weer dieselfde lugtyd, wat duur is, afstaan aan die skrywers, Dolf van Niekerk en wyle Elizabeth Eybers.
Danksy SAUK opnames se goeie klank, die nodige toerusting om die opnames te maak, kan RSG “Skrywers en Boeke” luisteraars weer genot uit die heruitsendings put.
Dankie ook vir Woensdag 13 Maart se heruitsending van die onderhoud gevoer deur Daniel Hugo met die digter Liena Spies.
Die SAUK klankargief bereik sy doel en is nie ‘n wit olifant nie.