Hennie Gerber, Paarl
In ’* onderhoud wat Mnr Johan van Lill op Radio Sonder Grense (RSG) gevoer het met sy groot vriend (Mnr J Snyman was Mnr Viviers se groot vriend) en jarelange uitsaai kollega, Mnr Jan Snyman, wie tans in die Strand woon, sê Mnr Jan Snyman aan die RSG luisteraars van Vrydag 15 Desember dat wyle Mnr Gerhard (Spikeries) Viviers uit sy stoel uit opgespring het en die Springbok vleuel Syd Nomis se drie beskryf het met net drie woorde: “Syddie! Syddie! Syddie!”
Vandag 47 jaar later bly dit interressant want die Afrikaanse radiodiens luisteraars van Saterdag 25 Julie 1970 kon dit nie sien nie.
Hiermee ’* groot dankie aan die aanbieder, Mnr Johan van Lill van WW Media, Kaapstad, wie die onderhoud gevoer het, Mnr Jan Snyman wie die vertel werk gedoen het en almal wie agter die skerms gewerk het, om die RSG feitedagboek van Vrydag 15 Desember suksesvol op die lug uit te saai.
Ook dankie aan die Middag op RSG aanbieders, Me S Tayler en Mnr E Ludick vir hul aandeel vooraf en na die tyd.
Verder bedank ek * as volg: Dis altyd ’* voorreg om na mekaar te kan uitreik, lief en leed te deel.
Twee brokkies kommentaar is gedurende die onderhoud as volg ingespeel:
Die eindstryd tussen: Noord-Transvaal en Westelike Provinsie om die Curriebeker,
die eindstryd op Saterdag 10 April 1969 op Loftus Versveld in Pretoria.
’* Manjifieke skop deur Mnr Frik du Preez.
Brian Lochore se All Blacks van 1970 het gekom om in die sogenaamde “Toetsreeks van die Eeu” teen Dawie de Villers se Springbokke to speel.
Op die agterblaaie van die plate van die toets van 25 Julie 1970 se karton houers lees ek: “Eerste toets tussen Nieu-Seeland en S.A. op Loftus Versveld in Pretoria. 25 Julie 1970. Joggie Jansen se plettervat en Syd Nomis se onderskepdrie”. Albei kommentare deur wyle Mnr Gerhard Viviers.
Uit sy boek Hallo Charles: Spiekeris gesels se voorwoord lees ek onder andere die volgende: “My grootste dank gaan aan al die sportmanne hier en elders wat dit vir my moontlik gemaak het om hulle prestasies op beroemde sportvelde mee to maak en oor die eter te beskryf.
My bedanking lees verder: Maar ook te weet die wat vrylik gee sal mildelik ontvang. Party mense het net die slag om sonskyn te bring
met wat hul doen of
sê. Baie dankie vir alles wat julle Vrydag 15 Desember vir Radio Sonder Grense beteken het.
Dit word baie waardeer.
Om aan te sluit by die sonskyn wil ek dankie sê aan die mense wie kontak gemaak het met Mevrou Maryna Viviers na die uitsending Vrydag 15 Desember. Dit sê vir my * het wyle Mnr Viviers nie vergeet nie.
Die uitsending het gekom nadat ek, Hennie Gerber van die Paarl, met Me Lizelle de Bruin, kontak gemaak het om te sê dat wyle Mnr Viviers op 15 Desember 1998 19 jaar oorlede was.
Wyle Mnr Viviers het as bestuurder van sport uitgetree by die destydse Afrikaanse Radiodiens.
Boks: 21 of 22 Augustus 1973. Pierre Fourie se eerste aanslag op die ligswaargewigtitel van die wêreld teen Bob Foster in Albuquerque, Nieu-Meksiko. Komentaar: Gerhard Viviers.
Mnr Jan Snyman het vertel dat die boks se uitslag vir wyle Mnr Viviers‘* “hometown decision” was en dit het Mnr Viviers volgehou tot sy dood.