Museumdag

Laerskool AF Louw van Stellenbosch se Graad 7-leerders, regs, is een van vyf laerskoolgroepe van die Wynland wat vandeesmaand die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl ter viering van Internasionale Museumdag vir ’n spesiale opvoedkundige program besoek het. Die interaktiewe program fokus op Afrikaans, asook op die Trans-Atlantiese slawehandel, wat deel vorm van die Sosiale Wetenskap Nasionale Kurrikulum-assessering vir graad 7 leerders in die tweede skoolkwartaal. Die ander laerskole is Winsley Primêr (Kraaifontein), Groendal Primêr (Franschhoek), St Albans Primêr (Wellington) en Mary Help of Christians Primêr (Paarl).