Markgoed pop-up by Lourensford

Op Vrydag 7 April, vanaf 4nm tot 9nm, en op Sondag 9 April, vanaf 10vm tot 3nm, is daar ’n pop-up saam met Lourensford Mark, in plek van ’n Paasmark by La Pineta. Daar gaan keramiek, linneklere, tapesterie skoene, linnelappe vir dekor, kussings, vintage, juwele, glas en silwer wees. Koop kos en wyn, en besoek Markgoed in Aleit se Akademie.

Op die foto is Jean Den Heijer, links, en Sonett Barnardt.