Maanskyn, rose en pieknieks

■ Die Afrikaanse Taalmonument se eerste Volmaanpiekniek van die somerseisoen is op Vrydag, 6 Oktober. Besoekers kan enige tyd tussen 5nm en 10nm kom piekniek hou. Gaste kan hul eie piekniekmandjies bring of een vooraf bestel – teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit – by die Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers is aangemoedig om warm klere te dra en ‘n flits saam te bring. Toegang is R30 vir volwassenes, R10 vir Suid-Afrikaanse studente en pensioenarisse en R5 vir kinders. Kinders onder ses jaar is gratis. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Vir verdere inligting skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za