Ligaamsbou prestasies

■ Hoërskool Strand se Michael Hattingh het onlangs aan ‘n Westelike-Provinsie ligaamsboukompetisie deelgeneem, waar hy in sy onder-17 afdeling die eerste plek behaal het. Daarna het hy ook in die ope-afdeling – onder-15 tot onder-21 – deelgeneem en ook daar met die louere weggestap.