Liana nou skeidsregter

Liana Kriel.

Onderwyseres Liana Kriel van Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes het haar Netbal Suid-Afrika (NSA) C+ skeidsregters-gradering onlangs behaal. Om te kwalifiseer het sy fiksheidstoetse asook praktiese skeidsregtersessies geslaag, wat beoordeel is deur ‘n NSA-paneel. Sy was die enigste persoon in haar groep wat dié nuwe netbalskeidsregters-toekenning ontvang het.