Leani se passie is hokkie

Leani van der Merwe

Leani van die Merwe is van 2018 af Hoërskool Strand se hokkie-organiseerder, en vir die afgelope vier jaar die afrigter van die onder-18A seunshokkiespan.

Sy was vanjaar kaptein van die SA Platteland A-span wat einde April aan die senior interprovinsiale toernooi in Durban deelgeneem het en ’n silwer medalje gewen het.

Leani sal vir die sewende keer lid van die Westelike-Provinsie platteland-span wees wat tussen Saterdag 23 Junie en Sondag 1 Julie in Pietermaritzburg aan die SA Platteland-toernooi deelneem. Spelers in die toernooi kan gekies word om in die SA Platteland-span te speel. Leani het reeds al ses jaar in die SA Platteland-span gespeel en was twee keer kaptein.

Vir Leani is hokkie ’n passie en sy glo dat ’n mens deur die jare elke dag iets nuuts leer.

Een ding wat sy saam met haar op haar lewensreis vat, is dat jy altyd jou drome kan najaag, maak nie saak hoe oud jy is nie.