Plaaslike gehore het nog hierdie week kans om die musiekblyspel, The Wizard of Oz, opgevoer deur leerlinge van die Hoƫrskool Parel Vallei, in die Playhouse-teater in Somerset-Wes te sien.
Die musiekblyspel, net elke vier jaar aangebied, het op Woensdag 19 Julie afgeskop en gehore kan nog kaartjies aanskaf vir die laaste vier vertonings op Donderdag 27 Julie en Vrydag 28 Julie.
Luidens inligting deur die skool verskaf, is die professionele produksie ān spoggerige vertoonstuk van Parel Vallei se Musiek- en Dramadepartemente met ān lewendige orkes van 20 lede, 36 akteurs, 13 dansers en 24 Parel Valleiers wat as choreograwe, verhoogbestuurders, grimeerkunstenaars, beligting- en ook klankoperateurs dien.
Die skaaphond, Cobalt en beagle, Daisy maak beide hulle verhoogdebuut in die rol van Toto en selfs Dorothy en Elphaba word om die beurt deur twee verskillende aktrises vertolk ā Casey Holmes en Kaitlin van der Bijl.
Die regisseur, Darryl Spijkers, geniet die feit dat sy akteurs soveel verskillende karakters speel en dat hierdie vrolike avontuur tieners vir ān oomblik in tyd wegvoer na ān heel ander wĆŖreld. Daar is boonop soveel boodskappe in die storielyn vervleg, maar wat vir hom uitstaan is die mooi van vriendskap met mense wat juis anders is as jy.
Gehore sal ook hul kan verkyk aan die indrukwekkende kostuums, wat elkeen ān storie vertel.
Parel Vallei se bibliotekaresse, Lana van der Westhuizen, en haar span, het die afgelope paar maande elke moontlike stukkie groen en geel afvallap bymekaar gemaak en hordes kledingstukke by verskillende tweedehandse- en pandjieswinkels uitgesnuffel.
Daar is tot ān matriekafskeidrok van 1980 en die pouveer in die towenaar se hoed, was voorheen ān sleutelhouer. Meer as 100 meter se kant, net en valle is vasgewerk om die fantasie-prentjie af te rond.
Wolskenkings is omskep in indrukwekkende kopstukke wat elk minstens 10 buisies gom gebruik het en vertel die skool was een van die snaakste oomblikke, toe die skaaphond, Cobalt tydens die eerste kleedrepitisie, so groot geskrik het vir die kraaie se lang bekke en vere op hulle handskoene, dat hy van die verhoog af gehardloop het.
Teatergangers kan uitsien na hierdie plaaslike hoƫrskoolproduksie, wat deur die betrokkenheid van soveel ouers, vrywilligers en die gemeenskap, skouspelagtige sinergie van musiek en drama, nog soveel meer diepte en betekenis tot die produksie bygevoeg het.
Kaartjies is aanlyn te koop by Computicket vir een van die vier vertonings op 27 Julie en 28 Julie. Kontak die skool by 021 852 1228 vir meer inligting.