Kyk hoe herhaal die geskiedenis homself

Lesersreaksie op laas week se relaas oor die skeepsjoernaal van Jacobus Verster (1732-1783) laat my dink om nog ’* rubriek aan dié man en sy omswerwinge te wy.

Altans, dalk by ’* volgende ge-leentheid. Nou, eers iets anders. Mense is blykbaar altyd geïnteresseerd in familiestories, en die fiksie en nie-fiksie meng daar makliker as by ’* politieke toespraak.

Wat kan ’* mens werklik glo? So het dit al dikwels by my opgekom dat ons so min oor ons voorsate weet, soms net een of twee anekdote, gewoonlik boonop hoorsê hiperbolies vermenigvuldig deur oorvertellings oor etlike generasies. En dan probeer ons daarvolgens ’* beeld vorm van hoe dié persoon gelyk het en watter soort mens hy of sy was.

’* Vriend van my vertel my juis gister dat ’* voorvader van hom, ’* Smit, doodgeslaan is omdat hy glo sy perd mishandel het. Hy reken dis vreemd, want die Smitte van Mosselbaai is bekend vir hulle liefde vir diere.

Hy het bygevoeg dat die man wat sy voorvader gedood het ook skynbaar toevallig kort daarna met die oorledene se vrou getroud is. En dit is al wat bekend is oor die voorval.

Van my voorvader Jacobus weet ek net dat hy goed geskoold was en belangrike mense in Nederland geken het, volgens aantekening in sy joernaal oor wie famile was en wat hy vir hulle van die Ooste moes terugbring. Daarvan het hy lang lyste gemaak, alles noukeurig aangeteken, asook uitlegte van o.a. die fiskaal (staatsaanklaer) van sy tyd aan die Kaap, Pieter van Reede van Oudtshoorn, wat later goewerneur van die Kaap sou word, maar oorlede is voordat hy sy pos kon vul.

Vir Jacobus moes dit sekerlik ’* slag gewees het, want as neef van die goewerneur sou hy seker soos die Engelse sê “in the pound seats” gewees het.

Dit herinner my aan ’* aand wat ek by ’* meisie op ’* Bolandse plaas gekuier het en haar suster se verloofde uit die bloute aan my sê: “Jy moet darem weet, ek en jy is nie in die ‘pound seats’ hierso nie.”

Dit was die eerste maal dat ek die uitdrukking gehoor het. Wat sou hy bedoel het?

Hy het my verbysterde uitdruk-king gesien en verduidelik dat die boer se oudste dogter se man graag wil boer – sý ouers het hulle Vrystaatse plaas verloor (ek vergeet nou al hoekom) en die man, ’* polisieman op daardie stadium, het lang oë na die plaas gekeer, terwyl die eienaar, Oom Pieter, al van aftree begin praat het.

My informant, Daan, se pa was toevallig – en ironies – ’* ryk beesboer in die Oos-Kaap, wat meer as een plaas besit het, maar hy het self ’* hele paar spruite gehad en Daan het seker heimlik gewonder wat sy kans was om hier in die Boland voet in die deur te kry.

Dit was immers ’* groot stuk grond, wat al deur die vorige eienaar, Oom Pieter se pa, in twee ver-deel is sodat sy twee seuns elkeen ’* deel kon kry, maar dit was stééds twee aansienlike plase.

Ek, “Boy of the suburbs” (darem nooit ’* motorfiets of ’* “ducktail” gehad nie) het hom probeer oortuig dat ek geen behoefte aan ’* plaas het nie, maar nou ja, as jy agter die deur staan soos ou Daan destyds, glo jy seker nie maklik dat ander mense anders voel nie.

In elk geval, Daan het later wel met een van die boer se dogters getrou en ek het nie, so ek weet nie of enige van sy ambisies bereik is nie en ek gee ook nie om nie.

Ek hoop net Jacobus, my voorsaat, was nie ’* baantjie-vir-boetie-tipe nie en dat sy neef Pieter die amperse goewerneur se ongeluk nie regtig enige lugkastele verwoes het nie.

Ek weet nie, want ek weet eintlik niks van sy persoonlikheid nie.

Wat ek wel weet is dat hy ’* vermoeënde man was (die inventaris van sy boedel in die Kaapstadse Argiefbewaarplek getuig hiervan) en toe hy oorlede is, het ene Jooste met Jacobus se welaf weduwee getrou. Jacobus is darem aan natuurlike oorsake dood en Jooste se hande was skoon. Toe ek grensdiens verrig het (1986-1987), was daar ook ’* Jooste teenwoordig – die bevelvoerder van ons basis.

Hy het gou die mes vir my ingehad, en ek het gewonder of daar dalk iets in die sterre staan oor die Versters en die Joostes. Maar, ek het dit oorleef – duidelik – en Kommandant Jooste is na Upington en daarna genadiglik vir altyd uit my gesigsveld. Minstens het hy nie my vrou gekry nie … en soos Jacobus het ek maar my eie potjie gekrap. Ongelukkig, minstens wat finansies betref, het my voorvader my die loef afgesteek.

Selfs Julius Malema, al het hy net ’* B.A., lag vir my bank toe. Nietemin, die lewe se ironieë verryk diegene wat daarna oplet op sy eie manier: onlangs ontdek ek die Bolandse boer Pieter waarvan ek praat, is toe familie van Jacobus se tweede vrou, Magdalena Judith Theron.

Beste van alles, my voornaam, die familienaam Francois, naam van elke oudste Verster-seun in familielyn, kom uit die Theron-familie.

Oom Pieter se tweede naam is selfs ook Francois. Ai, wie het fiksie nodig as daar geskiedenis is?