Kurt Hartley, ’n Graad 11-leerder van HS Strand, is deur die Desmond Tutu-stigting gekies om die Junievakansie na Indianapolis in Amerika te vertrek om ‘n jeugsimposium by te woon.
Hy het die geleentheid gehad om twee dae in Londen deur te bring, waar hul groep die Anglikaanse kerk besoek het, en gekyk het wat hul rol in die gemeenskap is. Kurt was die enigste leerder in Suid-Afrika wat gekies is asook vier studente van Suid-Afrika. In Indianapolis het die groep in die Hospitality House tuisgegaan. Hulle het ’n besige program gehad en dit was baie inspirerend en leersaam. Voorts het die groep ook die president van die hooggeregshof, Maggie Lewis, ontmoet.
Tydens hul besoek aan die VSA het die groep rondgetoer na gemeenskappe. Deel van die besoek was ook om geskiedkundige museums te besoek. Kurt ontvang aan die begin van 2018 ‘n toekenning deur die Desmond Tutu-stigting vir sy deelname aan die jeugsimposium.