Parel Vallie Hoérskool leerling, Juné Kruger is een van die top 20-finaliste in die ATKV Tiener-toneelkompetisie in die produksie Wentelkind. Die produksie is ook die naas-wenner van die Aardklop Pronk Podium kompetisie. Die span wat agter Juné staan, is Carla Erasmus as verhoogbestuurder, Tatjana Frauenknecht as produksie- en audiovisuele-bestuurder, Christian Kotzé as klankoperateur en Anya Marx as beligting-ontwerper, en regie deur Darryl Spijkers. Die top 10 se laaste monoloog-opname sal ook op die ATKV se sosialemediaplatforms vir die kykerskeuse-veldtog gelaai word sodat kykers kan stem. Die nasionale finaal word 14 November regstreeks aanlyn uitgesaai. Vertonings vind plaas Maandag 19 Oktober en Woensdag 21 Oktober om 7.30nm. Kaartjies om aanlyn na dié produksie te kyk kos R50, en is beskikbaar op Computicket.