Korfbal lede

■ Ses lede van Hoërskool Strand is in die Westelike-Provinsie korfbalspan opgeneem. Hulle sal tussen Sondag I Julie en Saturdag 7 Julie in Pretoria an die SA Nasionale Korfbal Toernooi deelneem. Van links, Leané van Deventer, Loraine Verwey (administratiewe assistent by die skool), Corné Wessels, Bianca van Deventer, Jarred Verwey en Johané Steyn (nie in prent nie.)