Komedie by Drostdyteater

Fredia Roux gaan die gehoor laat lag and huil met haar nuwe vertoning.

<>Fredia Roux se snuwe eenvrou-vertoning, My Ma se Kos, toer na Stellenbosch, onder die regie van Nicolaas van der Walt – en beloof om jou te laat skaterlag en saggies te laat huil, terwyl jy met heimwee terugdink aan jou eie grootwordjare en natuurlik ook aan jou eie ma.

My Ma se Kos het onlangs twee pryse ingepalm by die LALT Toneelfees vir beste aktriese en beste komedie.

Daar is min mense wat ’n storie kan vertel soos Fredi,a en enige een wat haar ken is bekend met die talle histeriese stories oor Fredia se ma. Sy het uiteindelik besluit om hierdie stories met gehore regoor Suid-Afrika te deel en het reeds vol teaters gelok in verskeie dorpe en stede regoor die land.

Fredia is ’n ervare aktrise in alle mediums, en speel in teaterproduksies soos Ester, die Musical, en maak haar filmdebuut in Lien se Lankstaanskoene asook in Pretville. Sy is tans besig met ’* landswye toer vir die verhoogstuk My Japan onder die regie van André Stolz.

My Ma se Kos is te sien by die Drostdy Teater in Stellenbosch, op Saterdag 20 Augustus, om 8.15nm.

Kaartjies kos R100, kan bespreek word by info@drostdyteater.co.za

Vir nog informasie, bel 087 943 2459.