Marita Vlok , Strand
Met bretrekking tot “Defending the feline” (Bolander December 12) en die daaropvolgende katterige kritiek op katte… hierdie skrywe:
Een nag gaan die alarm af toe ’* vreemde kat deur ’* nou opening by die venster inkom.
Nadat die gewapende buurtwaglede die vrede herstel het, kom * ê die kat in my arms, en ons slaap verder…
So het my verhouding met hom begin.
Soggens vroeg (te vroeg vir my) krap ’* sagte pootjie in my nek, want dis tyd vir * handvol vars kattepille. (Geen oorskietkos vir hom nie, dankie.)
Ontbyt by my is sy pierinkie met vars melk.
Dan naels skerp maak op ’* boombas.
Voëls interesseer hom nie. Hy loop ’* kring om hulle waar hul wei aan die saad wat ek voer.
Bedags sit hy by die voorhekkie om te wag dat ek terugkom. Hy herken my stem, al kom ek in’* vreemde motor. Hy gaan * ê op die sypaadjie op die naat van sy rug totdat ek hom ’* krappie gee.
In die huis vou sy lyfie so om my bene tot ek gaan sit en aandag gee.
Hy is so waaksaam soos ’* waghond.
Voordat ek iets verneem, staan sy oortjies regop as daar iemand by die hek is.
Hy verwelkom besoekers oordadig , wat nogal ’* probleem is, want nie almal hou van ’* kat nie.
In badtyd kom sit hy op die badrand en wag vir ’* toon of ’* knie om by die water uit te steek, wat hy dan aandagtig betas.
Saans kom sit hy ook by die TV, want daar is dalk ’* stukkie hoendervleis vir aandete, en ’* lekker warm skoot in winter.
Nadat hy die nodige draaie geloop het, kom hy slaaptyd in my arm * ê, soos van ouds.