■ Twee leerders van Hoërskool Strand het Saterdag Mei 19, as deel van die JKA SA Wes-Kaap-span, aan die SA Karatekampioenskap in Johannesburg deelgeneem. Tiaan Havenga, in graad-10, links, het silwer medaljes in kata en kumite gewen, en Louie Jean Smit, in graad-8, het ’n goue medalje in kata en ’n silwer medalje in kumite gewen.