Jeug leier

 Ané Braasch, ’n  leerder by Hoërskool Strand, is onlangs verkies om deel te wees van Die Burger se 61-ste jeugleierskonferensie wat van 6 Desember tot 12 Desember plaasvind. Ané is een van 50 ander jeugleiers uit die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap wat verkies is om die konferensie by te woon. Die tema van die konferensie “Die jeug se inspraak in hulle toekoms”. Die skool se leerderleier-skakelonderwyser, J. Louw, is ook vir die vyfde jaar as groepfasiliteerder aangestel.