Bekende en geliefde Suid-Afrikaanse sanger, Jannie Moolman tree eerskomende Sondag 30 Julie, in Somerset-Wes op.
Plaaslike aanhangers van Jannie kan nou kaartjies koop vir sy vertoning by die Helderberg Teatro @ Doxa Deo, die nuwe plaaslike teater in Melcksloot Village, Somerset Wes.
Die konsert getiteld, Those were the days, sal om 3nm in die vorm van ’n Sondag Serenade, by die teater geskied.
Jannie beloof aan gehore ’n konsertervaring verpak in ’n nostalgiese besoek aan bekende en geliefde wysies en woorde wat die hart oor dekades al raak.
Volgens die konsert persverklaring uitgereik, sal ’n weldeurdagte keuse van musiek die gehoor onwetend aanspoor om saam te neurie, of die foto’s uit hulle eie lewe in herinnering te roep.
Natuurlik word goue gunstelinge van Gé Korsten en Elvis afgestof en daar kan ook uitgesien word na iets Napolitaans – ’n stukkie opera en sommer baie Crooners.
Kaartjies beloop R140 vir pensionarisse en skoliere en R180 per persoon en is aanlyn beskikbaar by www.helderbergteatro.co.za of skakel die Helderberg Teatro @ Doxa Deo by 072 379 9562 vir meer inligting.