In die Argief gevind, op ’* middag

Een Donderdagnamiddag, lank lank gelede… wel, nie so lank nie – dit was omtrent 1998, het ek in die Roelandstraatse Argief gewerk en op ’* boks afgekom, bloot as A 2512 geïdentifiseer.

Dié argiefstuk is die saamgebundelde joernale en aantekeninge van Jacobus Verster, gebore 21 Desember 1732, in S’Hertogbosch, Nederland.

Saam met dié dik bundel in die argiefboks is ’* brief van die skenker, ’* Professor C.T. Verster van Belville, asook ’* ongedateerde keuringsverslag van die bundel se inhoud, deur Dr. Anna Boësken, staatsargivaris.

Sy het dit as ’* unieke dokument bestempel: “Hierdie dokument is vir historiese navorsers so waardevol dat ek die eienaar sterk sou aanraai om dit in bruikleen of so as aanwins aan die Argief te skenk.” Gevolglik resideer A 2512 sedertdien in die Aanwinste-brandkamer.

Wat die inhoud betref: Verster het vyf reise na Batavia (1753-1760) meegemaak en in die proses briewe en goedere heen en weer gekarwei (hy lys die items en name van betrokke persone) en hy beskryf gebeure op see, plekke wat hulle besoek het en wie saam op die reise was. Dié reisebeskrywings is egter pynlik vervelig.

Die eerste reis begin op 29 September 1753, vanaf Texel, op die skip Buyten Zorg. Sersant Verster word weens siekte deur sy manskappe op ’* drastoel na die land vervoer, waar die vrou en dogters van sy neef, die fiskaal P.B. Van Rheede van Oudtshoorn hom versorg. Verder aan in die bundel word die Van Rheede familie weer genoem – naamlik die ’* gedeelte van hulle geslagsregister en ’* deel van die korrespondensie in die bundel vervat is briewe deur Jacobus aan sy “Hoog Geboren” neef gerig.

Verdere navorsing het aan die lig gebring dat Verster ook familie was van Van der Stelts in Nederland, maar dis onduidelik of hulle ’* ander familie as die plaaslik welbekende Van der Stels was.

Verster * ê op 15 April 1781 die eed af as burger van “Cabo de Goede Hoop”.

In 1773 koop hy die plaas Het Oude Westhoff “gelegen aan de Tijgerbergen.” ’* Aantal bladsye wat hierop gevolg het is uitgeskeur, waarskynlik verwysings na erflatings. Nadat Jacobus sy laaste reis onderneem het, het hy hom in die Kaap gevestig en trou hy met Helena Cecilia du Toit in 1761. Ná haar dood trou hy weer, in 1768, ook met ’* Hugenote afstammeling, naamlik Magdalena Judith Theron.

Hier eindig die geskrifte van Jacobus Verster, wat in 1783 oorlede is.

In die joernale het Jacobus ongelukkig min oor Kaapstad en sy mense geskryf, maar wel genoem dat dit vir hom opvallend was dat daar op daardie tydstip “… omtrent een blanke teegen 20 swartes…” was en dat Constantia se wyn “root en soet als suijker” was. Die pryse van vee en ander handelsaktiwiteite word ook vermeld.

Hy het in die Kompanjiestuin gewandel, wanneer die suidoos dit toegelaat het.

Sy vernaamste opmerking was, in sy eerste joernaal op 23 Januarie 1753, toe hy die eerste maal in die Kaap aanland: “Aan gaande de vertooning van de Caab souw men seggen dat het maar een klijn dorptje is terwijl de huijsen in’t generaal maar een verdiepieng hebben en met riet zijn bedekte en geen wallen of fortifcatjes hebben.

“Teegen de W. Kant heeft een klijn casteel en eenige klijne buijte posten daar weijnig volk op is en eenige stukken cannon tot bescherming van de ree.”

In ’* artikel in die historiese tydskrif Kronos, vol. 6 van 1983 skryf J. Joubert (“Skeepsjoernaal – Jacobus Verster”) dat die skeepsjoernale ’* aanduiding van die kapasiteit en dravermoë van skepe en die goedere wat vervoer is, bo en behalwe die bykans 300 persone wat ook geakkomodeer moes word.

Die bagasie waarop elke amptenaar geregtig was, word ook omskryf. Die kaptein kon twee kiste “lang vyf voeten, hoog en wijd twee voeten” saamneem, terwyl gewone soldate elk net ’* kis van 21 duim lank en 16 duim hoog é* breed geregtig was.

Joubert was van mening dat hoewel daar min werklike interessanthede in hierdie bundel geskrifte voorkom, “kan [dit] sekerlik ook as ’* belangrike bron van inligting vir verskeie navorsers dien.”

Met verskeie navorsers bedoel hy waarskynlik dat verskillende navorsers op verskillende onderwerpe fokus, soos taalkundiges, hisitorici en erfenisaktiviste. Bowenal gee dit ’* duidelike beeld aangaande die lewe aan boord van ’* agtiende eeuse skip van die V.O.C.

Jacobus Verster se boedel-inventaris is ook in die Kaapstadse Argief (MOOC 7/1/29 nr. 66) en daaruit kan afgelei word dat hy ’* vermoeënde man was – ongelukkig vir sy nasate hier, het sy weduwee weer getrou en weggtrek, sodat al wat agtergebly het die ou opstal van Oude Westhoff is, wat later in ’* restaurant omskep is.

My vader Frans, oorlede in 1996, het my die fabel van ‘* familiedispuut oor ’* koei vertel, soos oorgedra deur sy vader, ook Frans, en dat die gevolg was dat die eiendom, inlsuitend die Graaffs se plaas De Grendel toe vir die Versters verlore was.

Ekself het jare later egter vasgestel dat die Graaffs, by name sir David Graaff (1859-1931), De Grendel eers in 1891 gekoop het, en hulle nie familie van die Versters is nie.

’* Ander storie gaan oor ‘* verlore skat wat iewers in die Tygerbergkoppies versteek is – maar, soos oorlede pa self opgemerk het, is dit nie die rede vir die groot gat in die berg nie: dis eenvoudig ’* steengroef, nie die gevolg van fortuinsoekers se ywer nie.

Ai, fiksie is darem soveel interessanter as geskiedenis … wel, gewoonlik.

Smaak verskil immers.