Dis met groot hartseer dat die Hoërskool Parel Vallei-familie so skielik van dié onderwyser, kollega en vriend moes afskeid neem, as hulle totsiens se aan ontwerp-onderwyser, Francois Visser (vanaf 1 Oktober 1988 tot 8 Maart 2021).
As vakhoof van ontwerp het hy vir meer as 32 jaar die skool se lewens letterlik en figuurlik ingekleur met sy pittige sêgoed, unieke planne en stille liefde.
Sy kennis van ontwerp en kuns (veral die balans tussen dié twee elemente) was van onskatbare waarde, en hy laat ’n groot leemte in Parel Vallei en die breë ontwerp-onderwyskringe in die Wes-Kaap.
Parel Valleiers het vele uitstaande ontwerptoekennings en matriekuitslae behaal onder sy leiding. Hy het alles altyd nog groter en mooier gemaak, en baie leeders sal nooit die Mej. Parel Vallei-kompetisies en matriekafskeiddekor kan vergeet nie, selfs die personeelkamer het Francois vernuwe en oorgedoen met styl.
Hy het kreatiwiteit aangewakker en leerders die vryheid gegee om te kon droom, en vandag is daar vele suksesstories van oudstudente wat besighede in dié veld het, alles as gevolg van idees en die passie wat in sy klas gebore is.
Die skool groet ons meneer Kwas, soos hulle hom genoem het… maar sy kleurvolle stempel sal vir altyd op PV rus…