Hennie Gerber, Paarl
Die brief is gerig aan die 19A Rugbyspanne van Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Gimnasium.
In die gemeenskapskoerant, Die Paarl Post, van Donderdag 12 Julie, op bladsy 6 lees ek ’n foto-byskrif wat lees: “Die jaarlikse Interskole tussen Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Gimnasium is ook ’n reuse inspuiting vir toerisme.”
Daarmee saam ’n foto daarvan. Die berig opskrif lees: “Sporttoerisme bring miljoene in.”
Augustus maand (Vroue maand) sal dit die agste maand van die jaar wees, die eerste Saterdag van elke jaar Augustus is die instellling tussen die twee skole in die Paarl, die jaarlikse interskole tussen Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Gimnasium op die Faure Stadium in Faurestraat, Paarl. Hierdie jaar sal dit die 4de Augustus wees.
As ’n bewonderaar van wyle Gerhard Viviers (Spiekeries) deel ek met * uit Mnr Viviers se enigste brief, gedateer 6 Julie 1996, aan my: “Beste Hennie” (Ek wil ook sê “Beste Leser”)
In ’n onderhoud wat Willem Engelbrecht op die destydse Afrikaanse Radiodiens (vandag RSG) met Mnr Viviers gevoer het nadat hy as bestuurder van sport uitgetree het, het Mnr Viviers soos volg gereageer: “Rugby is te groot. Hy’s ’n ‘great game’ soos die Engelsman sê.”
Om aan te sluit by die “wedstryd” wat voorlê, lees ek in verlede jaar se interskole boekie, wat saam met die Paarl Post die Donderdag voor die wedstryd uitgegee word, onder andere, onder die opskrif “Interskole Statistiek” HJS wen vanaf 2015 die hoof wedstryd.
Vanuit die Paarl Spiekeries Ateljee (die huis nommer is nr 4) sê ek hallo aan die twee spanne wat Saterdag (4 Augustus 2018) teen mekaar speel. Dit het weer tyd geword om te luister na ou opnames van wyle Gerhard (Spiekeries) Viviers se rugby kommentaar. Uit die klankargief neem ek julle ook met “’n SAUK produksie deur Gerhard Viviers” terug na die Springbokke teen Nieu-Seeland, die eerste toets Pretoria, 25 Julie 1970.
Wanneer die arm van die oud-Gimmie, Mnr Pieter Slabber van die Strand (my ma se neef wat die platespeler vir my geskenk het) se platespeler, Blaupunk L75 Lenco 4 spoed nl. (1)16 (2)33 (3)45 en (4)78 omwentelings per minuut….. sê wyle Gerhard (Spiekeries) Viviers onder meer in die voor af gesels met die Afrikaanse Radiodiens luisteraars: “waar hierdie twee spanne in tagtig minute se drama, vanmiddag hierdie sakie gaan uitspook” om te kyk wie hierdie eerste toetswedstryd gaan wen.
’* Bietjie verder sê hy: “Wat gaan vanmiddag in hierdie toetswedstryd gebeur. Ek is vol vertroue dat Suid-Afrika vanmiddag hier behoort te wen, maar ’n maklike oorwinning sal dit nie wees nie. Hierdie manne sal moet inklim soos hulle nog nooit in hulle lewe ingeklim het nie. Die All Blacks is nie van plan om hierdie wedstryd te verloor nie.”
Die boodskap aan Hoërskool Gimnasium is: Hulle sal moet inklim soos hulle nog nooit in hulle lewe ingeklim het nie, met die doel om die wen droogte te breek en weer aan te sluit by die interskole hoofwedstryd van 2014, waar hulle 16-15 gewen het.
Dan neem ek julle verder na die Springbokke teen die Britse Leeus – die derde toets – Boet Erasmus Stadion (Port Elizabeth), 13 Julie 1974, die eerste helfde, plaat no: MFP 54599 “en nou is die groot vraag – gaan hulle (die Springbokke) vanmiddag hier vir die eerste keer dan in hierdie reeks ’n oorwinning behaal en dan so die ongeskonde rekord van Boet Erasmus Stadion hier behou deur ook vanmiddag hierdie wedstryd te wen.
Die boodskap aan Hoër Jongenskool is: Behou julle interskole oorwinning en ewenaar Hoërskool Gim se oorwinning vanaf 2011 tot 2014 (=4 jaar) en maak dit deel van HJS se 150 jarige fees gedurende 2018.
Ek sluit af met die vraag: Watter ander onder 19A rugby speler het op sy eie geoefen gedurende die winter skoolvakansie met die doel om die beste vir sy span te lewer gedurende vanjaar se Interskole Hoofwedstryd?
Die wedstryd begin om 2nm. Elke uur van die horlosie het ’n boodskap vir my. Vieruur: Herinner my aan die vier windstreke (noord, suid, oos en wes) en waar ek ookal mag gaan, het ek die Hemelse kompas, die Bybel, nodig om my die rigting aan te dui.
Aan watter kant gaan die braaivleis vure die hoogste brand – Hoër Jongenskool of Hoërskool Gim? Dit sal ons weet wanneer die eind-fluitjie blaas.