Die somer is hier en vir vele honde liefhebbers is dit die ideale tyd om met hul vierpotige metgesel te gaan stap, maar vir baie kan woefie se gedrag in die openbaar hulle in die steek laat en hierdie uitstappies baie vinnig in ‘n onaangename of selfs gevaarlike ervaring ontaard.
“’n Onopgeleide hond is dikwels net ‘n gevangene in sy eie agterplaas,” so sê plaaslike, ervare honde-opleier en wêreldklas Rottweiler-beoordelaar, Chris Pretorius, wat sedert die 1980’s in die opleiding van honde spesialiseer.
Woonagtig in Somerset Wes, beskik mnr. Pretorius, oor ‘n skatkis van jarelange ervaring, kennis en vaardighede in die bedryf en kan honde-eienaars tans daarby baat vind in die vorm van opleidingsprogramme wat hy in die Strand asook Kuilsrivier oor naweke aanbied. Die honde-opleidingskursus word deur hom in 3-maande lange segmente aangebied.
Sy nuutste kursus het op Sondag November 21 afgeskop en Bolander het by hom meer gaan hoor of wat diè opleiding behels, die doel daarvan asook die gewenste resultate.
Maar, wat behels die opleidingsprogramme sou jy by hom om hulp aanklop vir woefie se gedrag? “Die opleiding is basiese gehoorsaamheidsopleiding vir gesinshonde. Behalwe daarvoor, werk ons ook aan hul selfvertroue en sosialisering met mekaar en met mense,” som hy die kern van die kursus op.
Hy lys ook van die mees algemene gedragsprobleme in honde waaroor mense hom nader as gebrekkige selfvertroue, vrees vir vreemdeling en onvermoë en onkundigheid oor hoe om te speel.
Die groot voordeel om ‘n hond op te lei, aldus mnr. Pretorius is om sodoende aan mens en dier meer vryheid te bied en die verhouding meer voordelig vir almal te maak.
“’n Hond se waarde vir sy eienaar verhoog merkwaardig namate hy opgelei word. ‘n Goed-opgeleide en gesosialiseerde hond kan oral saamgeneem word; op uitstappies, na die winkel en selfs op vakansie,” onthul mnr. Pretorius, wie al sedert die 1980’s in die bedryf van honde-opleiding werksaam is.
Sy toetreding tot die bedryf het begin met sy aansluiting by ‘n honde-klub in 1981, daarna is hy as afrigter opgelei. “Dit het formele opleiding behels onder toesig van ervare afrigters, asook mondelinge en skriftelike toetse,” verklap hy die inhoud van sy eie opleiding destyds.
Die indrukwekkende opleidingshulpbronne van destyds onthul hy is nog steeds in hedendaagse tye ‘n waardevolle bron en hy gebruik dit nog steeds in sy eie opleiding van plaaslike afrigters.
Daar is ook ‘n uniekheid aan sy kursusse en die uitdeel van belonings en prys speel ‘n groot rol.
Verkieslik werk hy met kleiner groepe, dit verseker individuele aandag. Alle honderasse is welkom, selfs kruisgeteelde honde. Die gesondheid van die honde is baie belangrik en alle deelnemers se inentings moet op datum wees, benadruk hy.
Alhoewel die opleiding van honde uitdagend, resultaat-gedrewe en baie gefokus is, kom daar ook snaakse oomblikke voor, en kan hy vele staaltjies deel oor van die vreemdste versoeke waarmee mense hom oor die jare gekontak het. “’n Vrou het my op ‘n keer gebel om haar hond te kom leer om nie sy ‘besigheid’ op haar bank te doen nie.”
Op ‘n ander geleentheid moes hy help om honde binne in ‘n heininglose erf te hou. “’n Ander versoek was van ‘n vrou om haar honde te kom leer om nie die straat te hardloop nie, terwyl daar geen heining voor was nie.”
Uitdagings oor die jare, sluit in die oplei van ‘n blinde asook ‘n dowe hond, maar voeg hy by, daar was ook uitmuntende prestasies en sluit dit van sy ‘kursus gangers’ in wat verder deelname in kompetisies op nasionale en selfs internasionale vlak uitgeblink het.
Verder is hy ook registreer by die Kennel Union of Southern Africa (KUSA) as aanbieder van beskermingserk nà die voltooiing van ‘n vereiste kursus.
Die beroep as honde-opleier bly deurlopend vir hom uiters vervullend, veral om die honde se ongelooflike goeie vordering te kan aanskou na elke kursus. Volgens mnr. Pretorius is ‘n hoogtepunt om te sien hoe die honde selfs leibandloos, toertjies kan doen. “
Vir meer inligting kontak Chris by 082 590 7660 of stuur e-posse na cprottie@iafrica.com